Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Meer Oor My

Hallo daar!

My naam is Monica en ek bly in die pragtige Kaap provinsie in Suid Afrika. Ek het 'n passie vir hekel en veral om hekelwerk in die Afrikaanse gemeenskap te bevorder. 


Ek is gedurig besig om te probeer verbeter op ou tradisionele tegnieke en die ontwikkeling van nuwe patrone. Daar is duisende hekelpatrone beskikbaar in enige taal waaraan jy kan dink maar daar is beslis 'n groot tekort aan goeie oorspronklike en moderne Afrikaanse patrone.


Ek het groot geword in 'n huis waar 'n doilie op elke liewe kassie of tafel gepryk het. My moeder het altyd 'n hekelwerkie gehad waarmee sy besig was en het haar 'lappies'  altyd met die grootste sorg gestywe. Elke kantjie  en krulletjie moes netjies en presies  vertoon en dit moes  spierwit wees. Na my troue wou ek ook my kassies en tafeltjies toemaak met lappies en my ma was maar te gretig om my ook die kuns te leer. Dankie Moekie! 

Vandag doen ek nie meer die doilie op elke kassie ding nie en my hekelwerk het so saam met die tyd gegroei en meer modern geword.  Met al die wonderlike wol en katoen wat nou beskikbaar is het hekel as te ware 'n nuwe baadjie gekry en oud en jonk hekel nou ywerig saam. Dis awesome! 

Ek bied maandeliks hekelklasse aan en het al deur die jare menige vroue geleer hekel. Dit is wonderlik wanneer die vroue baie onseker die klas binnekom om dan daar uit te stap met 'n Granny Square wat hulle self gehekel het. Die glimlag op iemand se gesig en die trots wat daarmee gepaard gaan wanneer hulle na hul eie handewerk kyk en besef dat hulle dit self gehekel het. Dit is baie spesiaal! .

Vir my is hekel soos tweede natuur en ek is mal oor die uitdaging wat gepaard gaan met elke nuwe idee en elke nuwe patroon wat ek skryf en ontwerp. Ek deel graag my kennis met ander en wil nog baie meer doen vorentoe. Ek gee baie van my  patrone gratis weg, maar is ook besig om te werk aan 'n reeks patrone wat te koop sal wees in die toekoms asook nog ander projekte wat ek  mettertyd sal deel hier op Hekel Idees.  

Ek wil ook graag hier 'n paar vrae beantwoord oor my hekelwerk.

Ek wil graag van jou fotos gebruik. Mag ek?


Jy is welkom, maar op een voorwaarde en dit is dat jy 'n skakel sal los wat terug verwys na Hekel Idees en my Monica Buys krediet sal gee daarvoor.

Ek sou graag van jou patrone, tutoriale of gedeeltes van artikels wou gebruik, mag ek?

Ek sal dit opreg waardeer indien jy my kontak en permissie vra om enige van die bogenoemde te gebruik. Jy mag wel 'n skakel plaas wat terug verwys na enige patroon, tutoriaal of enige gedeelte van 'n artikel. Die skakel moet asseblief altyd gekoppel wees terug na Hekel Idees. 

Kan ek meer inligting gee oor Kopiereg op my patrone en fotos?  

Alle inhoud en fotos op hierdie werf is die eiendom van Monica Buys behalwe enige fotos of verwysings wat ek gebruik met skakels na ander werwe toe. Indien jy enige iets hier wil gebruik sorg asseblief dat daar altyd 'n skakel aangebring word vanaf jou werf wat terug koppel na Hekel Idees toe. Moet asseblief ook nie my woorde gebruik nie. Patrone skryf is nie iets wat sommer in 'n paar minute gedoen word nie en dit neem in sommige gevalle dae en selfs maande om 'n spesifieke patroon te vervolmaak. Enige van my patrone wat gratis uitgegee word het nog steeds kopiereg op. Dit beteken dat jy die patroon na hartelus vir eie gebruik mag aanwend. Jy mag ook my patrone gebruik om byvoorbeeld items te hekel vir 'n mark of om 'n ekstra inkomste te genereer, maar, en dit is baie belangrik! Die oomblik wat jy jou eie 'label' op die items aanbring verbreek jy die kopiereg. Jy mag nie my patrone onder jou eie naam bemark nie. Die ontwerp en patroon bly die eiendom van Monica Buys. Indien jy enigsins onseker is kontak my gerus. Al wat ek vra is dat die Kopiereg met respek behandel sal word. 

Baie dankie
Monica

  

15 comments:

  1. Ek is so bly dat ek op jou webwerf af gekom het! Ek is 'n baie bedrewe naaldwerkster, maar 'n relatiewe groentjie wat hekel betref! Ek kry onttrekkingssimptome as ek nie daagliks met lap kreatief is nie, maar het ietsie gesoek wat ek oral kan saamvat (moeilik om die naai- en borduurmasjien in te pak!). Nou ja, ek hou nie van brei nie, maar hekel is vir my lekker, alhoewel ek BAIE onhandig is. Baie dankie vir jou mooi patrone, gedetaileerde aanwysings en duidelike foto's - en dit als in Afrikaans!
    Hekel-groete van Liselet

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Liselet,

      Hartlik welkom en baie dankie vir jou mooi boodskap! Ek verstaan so goed wat jy bedoel met ontrekkingsimptome wanneer daar 'n dag verby gaan sonder om kreatief te wees. Dit is kos vir die siel en terapeuties.

      Lekker hekel!
      Monica :)

      Delete
  2. Hi Monica, Ek kom ookuit 'n hekelhuis uit.Ek is nie naastenby so kunstig soos my ma was nie, maar ek kan myself help. Het skielik lus geword vir hekel en is besig met ouma blokkies vir 'n kombers maar kan om die dood nie onthou hoe om hulle vas te hekel aan mekaar nie. Ek wil dit nie aanmekaar werk nie, dit moet aanmekaar gehekel word. Kan jy my 'n idee gee, want ek wil dit graag spesiaal maak. Dankie vir die inspirasie. Groete Rentia

    ReplyDelete
  3. Hallo Monica ! ai ek was so opgewonde toe ek op hekelidees afkom. ek is regtig nog 'n groentjie maar een van daardie mense wat my hande altyd besig moet hou en nou kan ek met al jou pragtige gratis patrone. net hierdie naweek gaan ek wol en hekelgare koop. Watter grootte penne is die beste om vir eers aan te koop. ek het 'n pragige kleindogtertjie wat nou amper 9 maande oud is en ek wil graag vir haar hoedjies hekel. en as ek meer bedrewe is wil ek graag die probeer wat bv "hallo Kitty" of hasie voorstel. het jy van die patrone wat ek kan aankoop by jou.

    Warm groete uit 'n koue Bloemfontein !
    Anna-Marie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anna-Marie,

      Lekker om van jou te hoor. Ek stel voor jy begin met dubbeldraad en 'n 4mm hekelpen. As die hekelgogga eers gebyt het laat los hy nie vir jou nie en die kleingoed lyk tog so skattig met hulle 'hallo kitty' hoedjies. Ek het ongelukkig geen patrone op hierdie stadium wat te koop is nie.

      Lekker dag verder vir jou en jou meisieking!

      Monica :)

      Delete
  4. EK HOU OOK VAN JOU PATRONE HOE KAN EK MAAK OM DIT IN DIE HANDE TE KRY
    EK WIL VIR MY SKOONMA SULKE PATRONE KRY SY IS BAIE LIEF VIR HEKEL
    MY EMAIL IS
    riana@ultrapak.co.za as jy my wil kontak
    dankie
    riana

    ReplyDelete
  5. Hallo Monica

    Baie dankie vir 'n pragtige AFRIKAANSE blog met die mooiste patrone.
    Kan jy my dalk help om jou oumablokkie patrone af te laai? Ek sukkel vreeslik om die Rosekant blokkie, die wawiel blokkie en die roostuin blokkie oop te kry. Jy het dit nie dalk in .pdf formaat nie. Ek is so opgewonde oor jou patrone en kan nie wag dat jy my boodskap lees nie, sodat ek net kan begin hekel. lim.lephalale.lcrc@saps.org.za as jy my dalk wil kontak.
    Groete

    ReplyDelete
  6. Hallo Monica

    Vrou was ek nou bly toe ek hierdie Afrikaanse hekel blad opspoor. Ek is mal oor hekel en brei maar kan om die dood nie 'n hekel patroon lees nie. Ek het myself sommer geleer en hekel met die oë. Wil vir jou vreeslik dankie sê want met hierdie blad van jou glo ek sal ek regkom. Stem saam met die moderne hekel patrone.

    Groete

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Welma! Dankie vir jou boodskappie. Ek glo jy sal regkom en indien jy sukkel met enige iets moet nie huiwer om te vra nie. Lekker hekel! :)

      Delete
  7. Hallo tannie.Ek love tannie se patrone ek maak nou vir my handskoene van tannie se vingerlose handskoene.Waar is tannie se klasse?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo Joriana, Ek is bly jy geniet die patrone en dat jy sommer 'n hele paar stelle vingerlose handskoene sal hekel in verskillende kleure! Ek gee klasse by The Crafters Inn, Somerset Wes. Dalk bly jy naby genoeg en kan 'n klassie of twee bywoon? Baie dankie vir die boodskappie en mooi bly! Lekker hekel! :)

      Delete
  8. Goeie Middag Monica... jys uitstekend, eks mal oor als wat jy hier kan en nog gaan doen. ek is nou maar n mand besig met hekel hier en daar en trek we los en begin weer van vor af. ek so bly ek het na afrikaanse hekel hulp in di ehande ekry, yoytube en die amerikaaners maak dit nie baie maklik in engels nie. ek gaan nou weg skop en als deur gaan op jou site ! Jinne so opgewonde nou !!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Michelle! Baie dankie vir jou boodskappie! Ek hoop jy kuier sommer baie hier. Mooi daggie verder en lekker hekel hoor! :)

      Delete
  9. Hi Monica, sommer vandag vervelig & lus om te HEKEL. Google toe gou 'maklike blokkies' & kom op JOU blad af!!!! HEEERLIKE blad, sooo verstaanbaar vir my & gaan regtig al jou tegnieke 'probeer' & kyk of ekke OOK kan!!!!! Elza Horn uit Windhoek, Namibia maar ek bly ook van tyd tot tyd ini Strand, KP!! JYS 'N hekelSTER!!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Elza! Kyk net hoe klein is die wêreld! Mooi bly en lekker hekel! :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica