Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gratis Patroon en Tutoriaal: Hekel hierdie maklike Mussie!


Blou mussie gehekel met Vinnis Nikkim katoen
Grys mussie gehekel met Elle Pure Gold DK
Gekleurde mussie gehekel met Elle Family Knit DK 

Materiaal gebruik: 1 x 100g Pure Gold Dubbeldraad in kleur Silver en 4mm hekelpen
Grootte: Gemiddelde grootte vir volwassene

Begin met 4ks en gs om ring te vorm
Ry 1: 3ks,  werk in ring die vlg * 1hlb, 1ks *; herh vanaf * tot * nog 8 keer; gs terug in 3ks sp


Ry 2: 4ks, 1hlb in vlg 1ks sp; * 2ks, 1hlb in vlg 1ks sp * herh vanaf * tot * nog 7 keer; 2ks en gs in 3ks sp [daar is 10 spasies]


Ry 3: 3ks, 2lb in dieselfde sp, * 1ks, 3lb in vlg sp * herh vanaf * tot * tot einde van rondte en werk 3lb in die laaste sp, 1ks, gs in boonste punt van 3ks

Ry 4:  2ks, 1hlb in elk van vlg 2lb; * 1hlb in vlg 1ks sp, 1hlb in elk van vlg 3lb * herh vanaf * tot * en wanneer jy by die laaste sp kom werk 1hlb in die 1ks sp, gs in die 2e ks

Ry 5:  4ks, * 1lb tussen vlg 2hlb, 1ks * herh vanaf * tot * vir die res van die rondte en gs in die 4ks sp [Daar is 40 spasies]

Ry 6:  3ks; * werk in die vlg sp soos volg: [1lb, 1ks, 1lb]; 1lb in vlg sp; * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig die ry met [1lb, 1ks, 1lb] in die laaste sp; gs in die 3ks sp


Ry 7:  gs in die vlg 1ks sp; 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor; 1lb in vlg lb, slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb]; herh vanaf * tot * en eindig die ry met 1lb in bo-punt van 3ks; gs in die 4ks sp

Ry 8: 4ks; 1lb in dieselfde sp; * slaan vlg lb oor, 1lb in die vlg lb; slaan vlg lb oor en werk in die vlg 1ks sp die vlge: [1lb, 1ks, 1lb] * herh vanaf * tot * tot einde van ry en eindig met 1lb in die laaste lb, gs in die 4ks sp

Ry 9 - 20: Herhaal ry 8

Ry 21: 1ks, kb in dieselfde sp; * 1ks, 1kb tussen vlg 2 lb, 1ks, 1kb in vlg 1ks  sp * herh vanaf * tot * tot einde van rdte en eindig met gs in die 1e ks. Heg af


Weef alle los drade weg. 

Daar is ook 'n tutoriaal vir die blommetjie wat hier gekry kan word. 



En op 'n bitter koue en sopnat dag hier in die Kaap groet ek tot volgende keer
Warm bly en lekker hekel!





  

19 comments:

  1. Aggenee, nou is ek "gehook". Wou net bietjie kyk. Kan kettingsteek maak en dis al. Nou is ek oppad wolwinkel toe vir naald en wol.
    Gaan verseker weer hier inloer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hahaha ja nee Lindi as hierdie hekel gogga eers gebyt het is dit verby. Dankie vir jou kuiertjie!
      Mooi bly
      Monica :)

      Delete
  2. Monica, wil net vir jou se, jyt 'n fantastiese blog!!!! Baie dankie vir al jou inligting en patrone! Kan nie glo mens kry so 'n blog in afrikaans nie! Kan nie wag om elke keer te sien wat jy vir ons het nie. Nogmaals baie dankie dat jy jou kennis met ons deel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir die pragtige boodskap!
      Monica :)

      Delete
  3. Lynelle Van Heerden7 July 2013 at 06:47

    This is stunning. I am going to crotchet in Afrikaans now. I can make a square and a flower but I now want to try the beanie. Thank you for the tutorials. They look easy enough for a ' rooi nek' to follow.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Lynelle! Ek is so bly om te hoor! Dankie vir jou boodskap!
      Lekker dag,
      Monica :)

      Delete
  4. Monica, na seker 20 jaar het jy veroorsaak dat ek elke patron wil hekel wat jy vir ons stuur. Ek is total verstaaf..... Jy is amazing, en dankie vir jou goeie verduideliking van 'n patron. EK VOEL SOOOOO EMPOWERED!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wat 'n wonderlike boodskap! Baie dankie vir dit! Jy maak my dag!
      Groete
      Monica :)

      Delete
    2. Monica, ek is mal oor jou blog!!
      Geniet dit baie!!
      Groete

      Delete
    3. Baie bly om te hoor! Geniet dit! :)

      Delete
  5. Hallo Monique. Ek het op jou patrone afgekom vir mussies. Ek sukkel met dit. Vanaf ry 5 kry ek dit nie reg nie. Volgens patroon moet daar 40 spasies wees en ek kry net 34 . En dan as ek verder hekel vanaf ry 8 begin my werk soos n bakkie lyk. En my mussie is baie klein. Ek gebruikdieselfde grootte pen en dikte wol. Hier is niemand wat ek kan vra om vir my te wys nie. Help asb.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Elzane, Ek dink jy doen iewers iets verkeerd. Hierdie patroontjie is al deur honderde gehekel met groot sukses. Volg die instruksies net stiptelik en maak seker dat jou aantal steke korrek is. Die patroon sal 'n bakkie begin vorm want jy hou op met die vermeerdering. Dalk is jou spanning te styf. Probeer 'n groter nommer pen en kyk of dit help. Hoop jy kom reg! Groete, Monica

      Delete
  6. Baie dankie vir jou pragtige blog en beskikbaarstelling van patrone. Ek het 'n klompie by my ge"pin", ek glo ek sal dit nog gebruik.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie vir jou boodskappie en vir die kuier Toortsie! Lekker hekel! Groete, Monica

      Delete
  7. Ek gaan hierdie Mussie vir my kleindogter probeer... ek en die hekel hak maar nog vas .... ha ha ha...

    ReplyDelete
  8. Goeie naand is n beginner wat is die hlb?

    ReplyDelete
  9. Hi Monica
    Ek wil graag mussies hekel vir manlief, ouboet (4jr), kleinboet (2jr) asook vir n vriendin wat n dogtertjie verwag....so ek neem aan manlief se mussie sal ek volgens bo genoemde afmetings kan maak, maar omdat ek regtig net nog n beginner is, is ek nie seker waar verander ek/ verminder die steke sodat ek die ander 3 kleinmensies s'n kan maak dat dit pas? Sal jy my asb laat weet, by watter stap ek dit moet doen ens. Wag in spanning met my hekelnaald om van jou te hoor!
    PS: Ek wil dik wol(naald nr7) gebruik vir die manne en dan n fyner wol vir die babadogtertjie (nr 3.5 naald en wol)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo Unknown! Daar is 'n gratis mussie patroon vir groottes van babas tot volwassenes op "Craftsy" se webblad. Ek sal ook aanbeveel dat jy die volgende google: "crochet hat reference guide for all sizes" Hoop jy kom reg. :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica