Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gratis Hekel Patroon: Slenterskoene

Hekel vir jou 'n paar Slenterskoene vir die winter en hou jou voete nie net warm nie maar ook sommer mooi getooi!

 Met die winter wat nou behoorlik hier is deel ek graag my slenterskoen patroon met julle. Hierdie skoentjies kan aangepas word om enige grootte voet te pas. Dit is geskryf vir 'n volwasse voet, maar indien jy dit kleiner wil maak gebruik 'n  dubbeldraad en 'n 4mm hekelpen.





Hier is 'n ekstra link vir diegene wat probleme ondervind met die aflaai van die patroon by Scribd.

Slenterskoene Patroon
Lekker hekel!


6 comments:

  1. Hi Monica,
    Ek is absoluut mal oor jou al jou idees en ook jou patrone, maar sou graag die sleterskoene patroon wou hê, maar kry dit nie geprint of ge-"copy" nie! Ai, ek gee nou my ouderdom weg, want ek en rekenaars!

    Groete,
    Carin

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Carin,

      Aan die onderkant links van die patroon is daar 'n pyltjie met die opsie vir download. Jy click daarop en die patroon sal dan na jou rekenaar oorgelaai word vanwaar jy dit dan kan save as 'n dokument en dan is dit maklik om te print.

      Hoop jy kom reg!

      Monica :)

      Delete
  2. Monica

    Goeiemore!!! Dankie dat jy jou pragtige idees met ons deel!!! Ek wil ook graag die slenterskoene aflaai, maar kry 'n boodskap nl "400 Bad Request". Ek weet jy dalk geen beheer oor dit nie, maar wat is die moontlikheid dat jy dit vir my kan epos?? of miskien weer laai?

    Audrey

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Audrey, Baie jammer daaroor. Ek het 'n ekstra link net onder die patroon geplaas wat hopelik die probleem sal oplos. Hoop jy kom reg!
      Lekker dag verder
      Monica

      Delete
  3. Middag Monica,
    Baie dankie vir die gratis hekelpatrone wat jy vir ons gee. Jy is baie dierbaar. Ek gaan nou lekker hekel. Eerste die vingerlose handskoene en dan die skoentjies.
    Baie dankie. Marie de la Rey

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir die boodskap Marie. Lekker hekel! :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica