Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Fairisle Hekel.

Kleur, wonderlike kleur!

"Fairisle" hekel is wanneer  verskillende kleure wol saam met 'n ry gevoer word sodat die kleur wat benodig word beskikbaar is wanneer kleure geruil moet word. Dit neem so bietjie oefening om dit onder die knie te kry. Aandag moet veral gegee word aan spanning asook egaligheid van jou projek. Die mees kleurvolle  patrone kan gehekel word en dit is ook baie maklik om jou eie patroon te maak met grafiek papier en so paar inkleur potlode.

In Engels is daar 'n hele lys van woorde wat gebruik word soos Tapestry Crochet, Fairisle CrochetBosnian Crochet en nog baie meer! Dit wil voorkom asof elke land sy eie term het daarvoor. Hierdie terme sluit almal die tegniek van werk met verskillende kleure wol in.

www.crochetme.com

Omdat "Tapestry" hekel 'n baie digte tipe van hekelwerk is, leen die tegniek hom uitstekend daaraan toe vir die maak van mandjies en sakke. "Fairisle" is weer wonderlik vir die maak van klere en allerhande mode bykomstighede.




Hierdie mandjie is gehekel met krale en die "Tapestry" tegniek is gebruik. Is dit nie pragtig nie?





www.fancyfibers.com




En jy kan handsakke maak wat by elke uitrusting en geleentheid pas en sommer ook 'n paar inkopie  sakke. Dit kan ook die ideale geskenk wees vir iemand spesiaals.





Hier is 'n blokkie wat ek gedoen het deur gebruik te maak van die "Tapestry" metode wat beteken dat die blokkie aan albei kante dieselfde lyk.


Om te leer wat die verskil is tussen die "Fairisle en Tapestry tegniek kan julle gerus na die video van Deja Jetmir kyk waarin sy die verskil verduidelik asook demonstreer hoe om dit te doen.

Mooi bly en lekker hekel julle! 

1 comment:

  1. Ek is n nuweling en glo my so opgewonde oor als wat ek sien. Dit is n ongelooflike ervaring.

    ReplyDelete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica